Fifty Shades of Boudoir | Shade Seventeen
Zinta is my sewentiende Shade en ek raak sommer opgewonde as ek terugdink aan haar fotosessie. Sy het ‘n kompetisie gewen wat ek saam met my vriendin, Petra, gehardloop het en sy het nog nooit ‘n fotosessie gedoen nie. Dus het ek met ‘n pragtige vrou gewerk wat nie geweet het wat om te verwag nie – ek hou daarvan. Dis asof daar ‘n skoon skilderdoek vir my gegee word en ek die prentjie kan verf wat ek graag wil hê. Maar Zinta het my baie verbaas en nadat sy eers voor die kamera begin opwarm het, het ek die mooiste foto’s van haar gekry. Sy het daardie skoonheid, van binne en buite, aan haar wat jou bybly. Met trots kan ek sê dat ek nog ‘n vriendin ryker is!
My wonderlike vriendin, Ilana van Cosmetiek het Zinta se grimering gedoen en weereens spreek dit boekdele.
xxx
Read MoreFifty Shades of Boudoir | Shade Sixteen
Ok, so I met Viki a few years ago when working for another department and although we knew about each other, we never really knew each other. After I moved out of that department she asked me to do a cool family shoot for her and her amazing kids and then we ended up doing her Fifty Shades of Boudoir shoot. It was at this shoot where I got to know the “real” Viki and we became very good friends. Her Fifty Shades of Boudoir photo is so typically her and I absolutely love the fact that I can call her my friend – a very dear friend. She was so energetic and was an absolute joy to work with.
Her make-up was done by my all time favourite MUA, Ilana from Cosmetiek and again it just complimented Viki’s beauty!
xxx
Melissa boudoir | Boudoir
Ek mag nie gewoonlik meer as net die Fifty Shades of Boudoir foto’s post nie, maar Melissa het gesê dat sy nie omgee as ek so paar ekstra opsit nie. Hier is dus uiteindelik ‘n voller boudoir post soos al lankal belowe! Niemand kan stry dat Melissa baie mooi is nie! O en daar is kleurfoto’s en nie net swart en wit soos met die Fifty Shades of Boudoir foto’s nie.
Gaan loer hier na haar Fifty Shades of Boudoir foto.
xxx
Hier is ook ‘n before en after van haar grimering soos deur die wonderlike Ilana van Cosmetiek gedoen. Weereens ‘n goeie voorbeeld van hoekom ek professionele grimering in my pakket insluit.
Read More
Fifty Shades of Boudoir | Shade Fifteen
Ek dink Chanel se gunsteling spreekwoord sê absoluut genoeg van wie sy is en waarom ek so graag ‘n fotosessie van haar met haar awesome tattoos wou hê. Ek was sommer dadelik mal oor haar borrelende persoonlikheid en liefde vir die lewe. Sy is ‘n sprekende voorbeeld dat mens niemand op hul beeld moet veroordeel nie, want soos haar liggaam net ‘n doek is vir die mooiste tattoos, maak ongelooflike mooi foto’s. Ek mag darem ‘n vol post van haar foto’s doen en kan nie wag om dit met julle te deel nie. Hier is solank my Shade Fifteen foto om julle nuuskierig te maak vir wat kom!
Die fantastiese Ilana van Cosmetiek het Chanel se grimering gedoen en ek kon nie vir iemand meer spesiaal gevra het om hierdie avontuur van my met Chanel saam ons te deel nie.
xxx
Elri en Frikan | Universiteitsoord troue, Pretoria Deel II
Hier is die beloofte tweede deel van Elri en Frikan se troue! Gaan lees en loer gerus na Deel I wat ek vroeër gepost het!
Elri en Frikan, julle kook in hierdie foto’s ook!
Lief julle!
xxx
Read More