Fifty Shades of Boudoir | Melissa
Ek mag nie gewoonlik meer as net die Fifty Shades of Boudoir foto’s post nie, maar Melissa het gesê dat sy nie omgee as ek so paar ekstra opsit nie. Hier is dus uiteindelik ‘n voller boudoir post soos al lankal belowe! Niemand kan stry dat Melissa baie mooi is nie! O en daar is kleurfoto’s en nie net swart en wit soos met die Fifty Shades of Boudoir foto’s nie.
Melissa was my sewende Fifty Shades of Boudoir sessie en ek is nie seker ek het die regte woorde om haar sessie te kan beskryf nie, maar ek gaan probeer. Sy is so ‘n pragtige mensie, en ek sê mensie want sy is so klein en fyn, maar vrek dinamies. Sy het haar voetjies plat op die aarde, maar droom groot drome. Sy het haar eie besigheid, sy is ‘n ontwerper, begin nadat sy besluit het om nie vir die res van haar lewe modelwerk te doen nie, alhoewel ek dink sy maar kon. Sy was so gemaklik voor die kamera en dit het in haar foto’s gewys. Sy het tot ‘n modelwerkaanbod gekry nadat sy van haar foto’s op Facebook gaan post het – ek dink dit is nie net vir haar nie maar vir my ook ‘n groot kompliment!
xxx
Hier is ook ‘n before en after van haar grimering soos deur die wonderlike Ilana van Cosmetiek gedoen. Weereens ‘n goeie voorbeeld van hoekom ek professionele grimering in my pakket insluit.
Stunning foto’s Juanette.