Mauritz | Fitness portfolio

Hierdie shoot is van een van my gunsteling vriende in die fiksheidsindustrie en hoekom ek juis vir hom die progressiesessie gedoen het is omdat hy teen hierdie tyd al ‘n helse klomp gewig verloor het.  Ek weet hy gaan lag hieroor, maar ek het ‘n foto van sy Facebook gaan “leen” om te wys waar hy vandaan kom…  Nie net is hy ‘n wonderlike mens nie maar inspireer so baie om hom om ook dieselfde paadjie te volg. 

Ons het die shoot net voor Kersfees gedoen en het vir die dames ietsie spesiaal aan die einde gepost…Santa was on call!

Momo ek waardeer al jou moeite met die shoot en wat jy gedoen het om hierdie te laat realiseer.  Dankie aan Guppachi en XGrit vir die borge. Ons waardeer dit baie!

Ons het die shoot by Delta Park in Linden gaan doen.

xxx

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.