Andre | Portrait

Hierdie is een van die belangrikste en mees wonderlikste posts wat ek nog gaan doen!  Hierdie is die begin van ‘n nuwe reis vir my in fotografie en ook die bekendstelling van my nuwe logo wat ek vir die fiksheids- en modelportfolios gaan gebruik.  Nee, nee ek vervang nie my fietsie logo nie, maar moes ‘n belangrike besluit maak oor my logo vir die voorgenoemde portfolios en het hierop besluit vir nou.  Dus sal ek nog my fietsie logo op my ander foto’s gebruik, maar alles wat binne hierdie kategorieë val sal ek hierdie logo voor gebruik.

So welkom by my nuwe reis!  Ek hoop eerlikwaar dat julle net so opgewonde soos ek daaroor is en dat julle die reis (eerder meer van ‘n ontdekkingsreis) saam my sal stap.  Ek was lankal lus vir ‘n nuwe uitdaging en omdat ek soortvan besluit het om baie minder troues af te neem het ek ‘n groot belangstelling in die mode- en fiksheidsindustrie begin toon.  Dit help natuurlik dat ek self baie hard oefen en weet hoeveel sweet en harde werk dit vat om goed en gespierd te lyk.  So ek kyk ook met nuwe oë na my kliënte en toon baie meer waardering vir wat ek gevra word om af te neem.

En so begin my reis met Andre…Andre en sy modelportfolio wat ek en Jean (you pronounce it like the denim pant), van Phlux Photography wat my assistant was vir die sessie, saam begin stap het.  Andre was ‘n absolute droom of af te neem! Alhoewel hy soveel rede het om arrogant te wees, was hy baie skaam en met sy twee voete stewig op die aarde!  Dit het Jean net aangehits om hom ‘n hele paar keer te kry om te lag en daarmee het ek natuurlik behind the scenes foto’s ook gekry wat ek volgende sal post.

Andre is een van my vorige pragtige kliënte en vriendin, Petra, se broer.  Gaan loer gerus na haar portfolio wat ek einde 2013 geneem het.  Mens kan sien die mooiheid loop in hul are!  Net soos Petra, is hy ook nie net mooi van buite nie, maar ‘n hart van goud!

Geniet hierdie reis saam my, net soos ek geniet het om met hierdie sessie te begin, Andre af te neem en Jean as my super hulpvaardige en borrelende assistant te hê.  Dus ‘n groot dankie aan Andre om my hiermee te vertrou en Jean vir al haar hulp en lag!

Die foto’s is in die hartjie van Johannesburg stad geneem en het vir ‘n hele paar fantastiese foto’s gesorg.

En soos met André se pragtige suster, Petra se shoot, het ons natuurlik met sy sessie ook ‘n paar behind the scenes oomblikke gehad wat ek op daardie oomblik vasgevang het.  Ek moet erken dat dit ook nie vir my oulike assistent, Jean van Phlux Photography, was nie sou ek dalk nie hierdie foto’s gekry het nie.  So al lyk die formele portfolio ernstig en formeel, het ons gewoonlik baie pret agter die harde werk en lang beplanning.

xxx

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.