Dawn | Portrait
Dawn het ‘n rukkie terug ‘n boudoir sessie by my gewen, maar nadat sy wel al toe een gedoen het, het ons besluit om hierdie eerder dan ‘n portraitsessie te maak – en ek is nie ‘n dag spyt nie.
Ek het nie regtig geweet wat om te verwag nie en maar opgesien na die sessie. Ek het vir Ilana van Cosmetiek gevra om haar wonderkwassies te swaai en iets besonders uit te haal, maar soos ons begin het, het Dawn vinnig haar persoonlikheid laat wys en het ons vele male lekker gelag nog voor die sessie begin het. Sy is ‘n bol energie wat enigiets wat ek voorgestel het probeer het en daarmee saam het ons pragtige foto’s gekry. Sy is so natuurlik mooi en mens kom vinnig agter dat dit van binne af kom.
Sy was ‘n fees om af te neem en soos die foto’s vanself spreek is dit nie moeilik om te verduidelik wat ek daarmee saam bedoel nie.
Die les wat ek weereens hieruit geleer het: sien op na al die shoots dan is elke shoot ongelooflik!!
Geniet hierdie foto’s soos wat my oulike vriendin, Ilana, geniet het om haar grimering weer foutloos te doen en ek om die foto’s te neem!
xxx