Shannon | Portrait

Shannon is so ‘n pragtige mensie en ek kon nie vir ‘n beter middagfotosessie gevra het nie.  Haar ma wat saam my by FNB werk het hierdie sessie al ‘n maand vooruit beplan as verjaarsdaggeskenk vir Shannon en die dag toe sy my bel en vra of ek dink dit sal ‘n wonderlike geskenk vir haar 15de verjaarsdag wees kon ek nie meer saam stem nie. 

Ek het die grimering gereël, wat weereens deur Ilana, my towerkwasfeë, van Cosmetiek gedoen was, ons het die plekkie bespreek oor waar sy graag haar foto’s sal wil neem en siedaar…toe moes die dag net aanbreek.  Vir ‘n mooier middag kon ons nie vra nie, veral omdat dit daardie tyd so baie gereën het.

Soos haar foto’s wys is sy baie gemaklik voor die kamera en soos enige fotograaf se droom het ek nie vir ‘n oomblik gesukkel om haar te kry om net haarself te wees nie.  Ek het idees gegee, sy het dit perfek uitgevoer en haar eie touch daaraan gegee.

Ek hoop sy is net so verlief op haar foto’s soos wat ek is.

Shannon, jy het ‘n mooi hart.  Bly altyd so pragtig!

xxx

Ons het sommer in die veld “kamp” opgeslaan om Shannon se grimering te doen…

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.