Anel and Gert Wedding | Boskapel

Anel en Gert se troue was nie net ‘n feesviering van die liefde nie, maar ook van die lewe.  Omtrent ‘n maand voor hul troue het Anel baie siek geword en was meer as gereeld in die hospitaal.  Met die troue om die draai het haar ongelooflike familie en vriende ingespring en die finale reëlings help tref.  Anel het letterlik net ‘n paar dae voor haar en Gert se groot dag uit die hospitaal gekom en selfs deur die dag kon ek sien dat ten spyte daarvan dat sy baie moeg geword het, het sy vasgebyt en darem vir ons die mooiste foto’s gegee.

Hulle is by Die Boskapel getroud en ek is mal oor die plekkie!  Nie net is daar sommer baie bome wat dit so uniek maak nie, die lig was vrek mooi.  Anel en Gert het soveel moeite gedoen met al die besonderhede dat ek net nie genoeg foto’s kon neem nie.

Ilana van Cosmetiek het haar grimering gedoen en soos gewoonlik is dit weer perfek.

Geniet hierdie foto’s en gee Anel en Gert sommer baie liefde!

xxx 

This Post Has One Comment

  1. Marilyn de Meyer

    I am sad to comment their is no photos of the beutiful flower girls from the wedding.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.