Karen and Willem Wedding | Green Leaves

Hierdie troue is een wat ek in twee dele moet publiseer want daar is net heeltemal te veel mooi foto’s en details om enigiets uit te laat. Karen en Willem se troue was so spesiaal vir my vir so baie redes:

  • dit was die laaste troue wat ek Kat Forsyth mee geassisteer het voordat sy finaal London toe geëmigreer het
  • ek ken Willem se een suster en swaer al van universiteitsdae af toe ons saam in die IT klasse swaar gekry het (of moet ek eerder sê ek het swaar gekry..:-))
  • ek was mal oor die dekor en details van die troue
  • hulle het ‘n baie mooi maar treffende (grappende) Christelike diens gehad
  • en ek het Karen en Willem se funky persoonlike en hul stunning verhouding met mekaar gelove! Ek en Kat kon nie vir ‘n beter paartjie gevra het om haar seisoen in Suid-Afrika af te sluit nie.

Maar dit sal die foto’s vir hierdie wat ek oor twee dele gaan publiseer vanself spreek.  Karen was ‘n stunning mooi bruid en Willem die gentleman vanself.  Mens kan sien hy kom uit ‘n huis waar hy omring was met vier ouer susters..hulle het hom tough grootgemaak, maar met ‘n respek vir vrouens wat mens nie sommer by enige man kry nie.  Ek kan wel net my hoed vir hom afhaal dat ek dit oorleef het :-)!

Geniet dus al hierdie stunning foto’s net so baie soos wat ek geniet het om dit te neem en edit!

xxx

This Post Has One Comment

  1. Lauren Kim Photography

    Love the birds 🙂

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.