Lizalle and PJ Wedding | Waterfall Cove

Lizalle en PJ se troue was een troue waarna ek sommer baie uitgesien het.  Ek het hulle verlowingsessie in die begin van die jaar gedoen en sommer daar en dan al geweet dat ek pragtige foto’s met hul troue gaan kry.

Hulle is by die mooie Waterfall Cove in Muldersdrift getroud en dink nie een van ons kon vir ‘n mooier dag gevra het nie. Nie net was dit lekker warm nie, maar ons het die mooiste lig gehad tydens die golden hour van die dag.  Al hierdie dinge was veral gekomplimenteer met hierdie tweetjies se spesiale verhouding en gemaklikheid wat hul in mekaar se geselskap ervaar.  Hulle deel ook ‘n passie vir toer en was al oraloor, soos hul dekor uitgebeeld het.  PJ kon ook nie sy oë van Lizalle afhou toe sy in die kapel ingestap kom nie – ‘n goeie teken dat sy ongelooflik mooi gelyk het.

Johan van J&N Photography het my geassisteer en het ‘n baie goeie werk gedoen – dankie!

xxx

This Post Has 4 Comments

  1. Marie-Louise

    Baie pragtige fotos . Lizalle jy lyk baie stunning .

  2. Elouwdi

    Cute, pragtig, amazing! Love dit!

  3. Esmé

    Beautiful!!!! Stunning foto’s!!!

  4. sindy mcalpine

    Stunning Pic’s! Lizalle en PJ lyk stunning!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.