Tarina and Cobus Wedding | Ventersdorp
Tarina en Cobus se troue was ook op hul familieplaas in Ventersdorp waar haar niggie, Marcelle twee weke voor hulle troue aan Charl ewig trou belowe het. Nadat ek hierdie tweetjies se verlowingsfoto’s vroeër die jaar afgeneem het, kon ek nie meer opgewonde wees oor hulle troue nie. Elke greintjie opgewondenheid was die moeite werd om voor te wag, want Tarina en Cobus se troue het glad nie teleurgestel nie. Buiten dat ek op hulle troue ook nie altyd droë ogies gehad het nie, het hulle troue ook vir lekker lag gesorg. Ek glo die foto’s sal die storie vertel.
Met hierdie troue was die familie sommer van vroeg die oggend weer aan die gang om alles perfek en in sy plekkie te kry voor die groot feesvieringe begin. Die dekor was iets waarna ek baie uitgesien het en met die hoenders en windpompe as plaastema en musieknote en -instrumente het dit hulle verhouding en persoonlikhede so perfek verteenwoordig. Alles afgerond met Tarina wat met ‘n trekker en sleepwa kapel toe aangery was, Cobus wat vir haar die stunningste liedjie tydens die diens gesing het, hulle pragtige couple foto’s wat ons later geneem het, die onthaal waar Cobus en sy een suster weer gesing het en die eerste dans! Vet pret!!
My oulike assistant was weer Eloise.
xxx
PS: Ek dink ook almal sal saam my stem dat Tarina ‘n baie mooi bruid was!
Juanette, dis Pragtig!! So bly ons het jou gekies!!!!
Ag wat kan ek sê, jy het jou weereens oortref. Die foto’s is stunning
Stunning, stunning, stunning foto’s!!! Skoonsus, jy het beautiful gelyk!!!
WOW!!!! Baie Baie Pragtig!!