Fifty Shades of Boudoir | Shade Ninety Two

Posted by on 2019/05/08 in 50 Shades of Boudoir, Lifestyle, Maternity | 0 comments



Make-up by Salome Odendaal from Pink Hotness Beauty Boutique.

xxx




Read More

Eileen en Xander | Rosemary Hill Farm

Posted by on 2016/10/08 in Lifestyle | 0 comments

Ek wens ek was ‘n goeie skrywer om vir hierdie sessie die mooiste woorde te kon opvleuel en in diepte kon beskryf hoe ek hieroor voel. My trane wil begin vloei, maar terselfertyd klop my hart wild van opgewondenheid as ek my maatjie, Eileen, so gelukkig sien en dink dat mooi gevleuelde woorde dalk nie eers nodig is nie.  Ek dink die liefde wat die twee vir mekaar uitstraal sê alles en is ekstra verduidelikings nie eers nodig nie.  Maar ek is bly. Tot in my diepste wese waar liefde onbeskryfbare dinge vir ons duidelik maak, dat die Here vir Xander op die regte tyd en regte plek oor Eileen se pad laat kruis het.  Nooit kan mens vasvang die seer wat ‘n person mag ervaar nie, maar ek hoop en vertrou dat ek die blydskap en liefde van die twee in elke foto wat hier gewys word, en die baie ander wat ek vir hulle gee, op die mooiste mooi vir hul kon verewig. Ek is dankbaar dat ek deel daarvan mag wees en dra my hartsmaatjie en haar liefde vir Xander aan die Here op in dankbare oortuiging dat Hy ‘n fantastiese werk hier gedoen het.

Ons het by die mooie Rosemary Hill Farm in Pretoria gaan afneem en dit was ook die eerste keer wat ek daar foto’s gaan neem het. Dit is by verre een van die mooiste troulokale in Gauteng en al was dit nog droog en vaal dink ek ons het steeds baie mooi foto’s met fantastiese lig gekry.  Vir meer kon ons nie vra nie.

Eileen se grimering is deur Cosmetiek gedoen en weereens is dit briljante werk.  Dankie daarvoor Ilana!

Ek bid vir julle die mooiste troudag toe en mag jul huwelik nog mooier wees as daardie spesiale dag!

xxx

 

Read More

Linda en Adriaan | Verloof, Shephard’s Fold Stables

Posted by on 2016/10/08 in Lifestyle | 0 comments

 

Linda en Adriaan is so vrek oulik en buiten dat ek die middag saam hul baie geniet het kon ek nie vir beter lig gevra het nie.  Ek het baie lanklaas sulke mooi “goue uur” lig gesien en ons het letterlik misbruik gemaak daarvan.  Hierdie tweetjies kom van Kathu af en trou einde Oktober by die pragtige Waterfall Cove in Muldersdrift.  Ons het mekaar by Shephard’s Fold Stables ontmoet en dis ‘n plek so na aan my hart – rof, onafgewerk en oop velde.  Ons was bevoorreg om hul mooiste perd deel van die sessie te maak en kon nie vir ‘n beter gemanierde perd gevra het nie – soos die foto’s wys was hy heel geduldig terwyl ons rond gespeel het om perfekte foto’s te kry.

As hierdie sessie so pragtig uitgekom het kan ek net dink wat ons met hul troue gaan kry. Ek is baie opgewonde om jul een van die dae weer vas te vang!

xxx

En alhoewel ons hart hieronder nie so mooi en perfek uitgekom het soos ons gehoop het nie, dink ek dis steeds oulik!

 

Read More

Sune en Eddie | Verloof, Kosmos Manor Guest House, Hartebeespoortdam

Posted by on 2016/10/08 in Lifestyle | 1 comment

Hierdie was ‘n baie spesiale sessie vir my. Ek en Suné het vir ‘n paar jaar saam gewerk en het van die begin af ‘n baie goeie en hegte vriendskap gehad, al is sy ‘n hele paar jaar jonger as ek.  Selfs sy en Eddie loop al lank ‘n paadjie saam waar hul vir lank baie goeie vriende was maar heimlik verlief was op mekaar. Toe hul uiteindelik tot die besef kom dat hul vir mekaar bedoel is, is die res geskiedenis en maak hul die mooiste herinneringe saam. Ons beplan hierdie sessie al van einde verlede jaar af en al trou hul eers einde 2017, het hul die foto’s gebruik om hul trouuitnodiging/”save the date” mee uit te stuur, want dis een groot fees wat gevier gaan word op die waters.

Ons was in die bevoorregte posisie om by Kosmos Manor Guest House in Harties hierdie pragtige foto’s te neem. Julle kan gerus daar gaan bly vir ‘n naweek of twee want die diens was uitstekend en die ontvangs was so joviaal. Baie dankie Kosmos Manor!

Suné se grimering is deur Cosmetiek gedoen en was weereens onverbeterlik.

xxx

 

 

Read More

Danielle | Modelportfolio

Posted by on 2016/08/29 in Lifestyle | 0 comments

Danielle wou baie graag vir Sarie Voorbladgesig van die Jaar inskryf en het my sommer vir ‘n volle modelportfolio geboek.  Al die pad Pretoria toe die dag het ek geweet ek gaan ‘n baie mooi dame ontmoet maar het nie verwag om daar weg te gaan totaal en al te vrede met die mooiste foto’s nie. 

Ons het mekaar by Khol make-up academy & professional artists ontmoet waar sy ook haar grimering en hare laat doen het en sy het vrek mooi gelyk.

xxx

 

 

Read More

Amore | Modelportfolio

Posted by on 2016/08/23 in Lifestyle | 0 comments

Amore se ma het my genader om vir haar ‘n modelportfolio te neem vir haar besoek aan New York in Julie maand en was ek aangenaam verras met die pragtige mensie!  Sy het nou onlangs eers met modelwerk begin en was gekies om die IMTA New York Convention by te woon.

Met haar besoek aan New York het sy die Female Model of the Year Honorable Mention gekry en Top 10 Overall Female Model of the Year gemaak (uit honderde ander pragtige dames).

Haar grimering was baie natuurlik en deur Ilana van Cosmetiek gedoen.

Hou hierdie dametjie dop!  Sy gaan nog baie pryse huis toe bring!

xxx

 

Read More