Leane en Dawid Troue | Magalies Bush Lodge

Posted by on 2021/01/19 in Weddings | 0 comments


I actually don’t have words to describe how special this wedding was for me and yet I have so much to say. Leane and I are not only work colleagues but good friends since I started working at my full-time job again. What a journey we have had together over the last four years and to celebrate this day with them and be the one to capture their love for each is beyond anything I could have ever asked to do.

Leane and Dawid have this amazing bond and love for each other, which I believe I have captured perfectly during this day, and you could feel their love through each of these images. And yes, I have cried a few times during this day, but don’t tell on me.

They got married at the beautiful Magalies Bush Lodge, which offered the best setting for the most amazing images and probably the best wedding food I ever had – the pumpkin fritters were by far my favourite.

Enjoy this amazing day with me!

xxx
Read More

Jacqui and Greg | Cradle Valley Guesthouse | Wedding

Posted by on 2021/01/18 in Weddings | 0 comments

I had the privileged in December to shoot one of my favourite boudoir client’s wedding at Cradle Valley Guesthouse after they had to postpone the social part of their nuptials to later in the year. Although they were already married, they wanted to still celebrate with family and friends on this special day.

The day started out very cloudy and being in the position where I have not done a full day wedding (8 hours or more) in a very long time I was so stressed. Many prayers later and we had the most amazing and beautiful day ever. I was so grateful. Just look at all the images from our couple shoot!

Cherise Brady assisted me at the wedding and we had an awesome time.
Make-up: Jess from JvK Make-up.

Read More

Charisma en Jacques | Getroud II, Sha-Mani Lodge

Posted by on 2014/08/19 in Weddings | 1 comment

 

Hier is Deel II van hierdie ongelooflike mooi troue.  Indien jy Deel I gemis het gaan loer hier na Deel I

 

Hierdie pragtige Tannie is verantwoordelik vir al die mooi dekor en details!  ‘n Engel van bo!!

 

 

Charisma se tweelingsussies maak Jacques plegtig belowe dat hy vir hulle MacDonalds sal koop!!

 

 

En hier het die vet pret begin!!  Jacques, ewe onskuldig op die eerste foto’s, speel maar saam, maar hy en sy strooijonkers het vir Charisma ‘n verrassing gehad op die liedjie “‘n Stukkie Van der Merwe”…die foto’s vertel als!  Om na die video wat Mighty Fine Productions hiervan geneem het te gaan loer, volg die skakel.

 

 

Read More

Charisma en Jacques | Getroud I, Sha-Mani Lodge

Posted by on 2014/08/19 in Weddings | 0 comments

 

Ons het vir Charisma en Jacques leer ken toe ek in Desember hulle verrassingsverlowingsessie by Thaba Ya Batswana afgeneem het.  Daardie tyd kon ek al sien dat hierdie tweetjies ‘n vrek mooi troue gaan hê, alhoewel Jacques se senuwees bietjie geknaag het voor hy die pragtige Charisma gevra het om sy vrou te word.

So laat weet die tweetjies my dat hulle sommer dadelik gaan begin reël aan hul troue en  graag wil hê dat ek die troue moet afneem.  Ek het mooi verwag na al die moeite wat Jacques-hulle met die verlowing gedoen het, maar wat ek gekry het was vir my hemels.  Ek was so opgewonde toe ek by die oulike Sha-Mani Lodge in Alberton aankom en al die mooi sien.  En mooi was dit ongelooflik mooi.  Ek het al ‘n paar mooi troues waar ek geassisteer het en selfs ‘n hele paar DIY troues afgeneem, maar hierdie was asof al my drome oor my eie troue hierin vasgevang was.  Onmiddelik was ek verlief en verlore en as ek die hele dag net kon dekor afneem, was ek seker steeds besig en was daar sommer 20 posts net oor die dekor.  Maar aangesien ek snappy happy is met sulke pragtige dekor, moes ek hulle troue in twee posts doen ;-).

Alles was net perfek!  Van Charisma se hare en grimering, laasgenoemde was deur my vriendin en wonderlike grimeerkunstenaar, Ilana van Cosmetiek, gedoen, tot haar rok wat lyk asof dit spesiaal net vir haar klein en fyn lyfie gemaak is, tot Jacques se pakklere en oulike nota op sy sokkies van sy bruidjie af.  Die kos was uit die boonste rakke en die musiek het bygedra tot ‘n gesellige atmosfeer.

Die gronde en ou karre het so mooi by hul tema ingepas en ons het misbruik daarvan gemaak tydens die foto’s.

My oulike assistant vir die dag was Johan van J&N Photography en hul videograaf was van Mighty Fine Productions – dit was ‘n voorreg om saam met hulle te werk.

Loer gerus na die tweede helfte wat binnekort ook beskikbaar gaan wees.

xxx

 

 

 Deel II binnekort beskikbaar…

 

 

 

Read More

Adel en Harm | Galagos

Posted by on 2014/07/29 in Weddings | 0 comments

 

Adel en Harm was meer as bereid om modelle te speel toe ek ‘n shoot by Galagos, Oos van Pretoria, wou doen.  Dit was terloops ook waar die tweetjies meer as ‘n jaar terug getroud is en het al hul mooi herinneringe ook weer teruggebring. Ons beplan hierdie shoot nou al vir ‘n rukkie en nadat Adel my vertel het watter mooi details hulle op hul spesiale dag gehad het, het ek sommer dadelik gevra dat hul als moet saambring en ek was sommer mal daaroor.

Ilana van Cosmetiek, wat die middag saam my en my pa deurggery het, het Adel se grimering gedoen en weereens was dit foutloos.  Ek moet ook byvoeg dat sy ‘n wonderlike assistant ook gemaak het terwyl sy vir ons gewag het.  Dankie Ilana!

Ek is mal oor die dinamika tussen Adel en Harm – ek was saam met Harm op skool en daarmee saam is hy self ‘n goeie fotograaf, wat die druk net erger gemaak het – en alhoewel ek hom van skool af ken, was dit lekker om hom saam die liefde van sy lewe te sien. Hul rustigheid met mekaar en ‘n liefdevolle verstandhouding wat boekdele spreek. Ek beny dit! 

Geniet hulle foto’s saam met my en gee hulle sommer baie liefde!  Ek dink hulle verdien dit!

xxx

 

 

 

 

Read More

Bonita en Louis | Getroud

Posted by on 2014/07/16 in Weddings | 0 comments

 

Bonita en Louis kom al ‘n lang paadjie saam en nie net is hulle geseën met ‘n pragtige troudag nie, hulle is ook geseën met die twee mooiste blonde dogtertjies en ‘n pienkvoet oppad – wat ons deel van die troufoto’s gemaak het. 

Ons kon nie kla oor die weer nie, want die sonsondergangfoto’s met die skoon blou lug was iets asemrowends en Bonita en Louis het nie op hulle laat wag om dit vir my so maklik as moontlik te maak om ongelooflike mooi foto’s van hulle te kry nie –  en dit nog op ‘n rolbalbaan van alle dinge.  En ja, een van die ou omies wat op die baan langsaan gespeel het het ons duidelik laat verstaan dat ons eintlik oortree op daardie mooi gras :-S.

Al was daar sommer baie senuwees voor die tyd het Louis glad nie gesukkel om trou aan sy skoonheid te belowe nie.

Geniet hierdie foto’s saam met my!

xxx

Hulle het die twee mooiste poplappies!

 

 

 

Read More