Anel en Gert | Boskapeltroue
Anel en Gert se troue was nie net ‘n feesviering van die liefde nie, maar ook van die lewe. Omtrent ‘n maand voor hul troue het Anel baie siek geword en was meer as gereeld in die hospitaal. Met die troue om die draai het haar ongelooflike familie en vriende ingespring en die finale reëlings help tref. Anel het letterlik net ‘n paar dae voor haar en Gert se groot dag uit die hospitaal gekom en selfs deur die dag kon ek sien dat ten spyte daarvan dat sy baie moeg geword het, het sy vasgebyt en darem vir ons die mooiste foto’s gegee.
Hulle is by Die Boskapel getroud en ek is mal oor die plekkie! Nie net is daar sommer baie bome wat dit so uniek maak nie, die lig was vrek mooi. Anel en Gert het soveel moeite gedoen met al die besonderhede dat ek net nie genoeg foto’s kon neem nie.
Ilana van Cosmetiek het haar grimering gedoen en soos gewoonlik is dit weer perfek.
Geniet hierdie foto’s en gee Anel en Gert sommer baie liefde!
xxx
Read More
Sharon and Andrew | Riverside Sun Wedding
I think I say this about every wedding I do, but I seriously think I have the most awesome and beautiful brides and if they have an amazing relationship with the grooms they are marrying that day, it is even better. Sharon was even more so and was all giggles and smiles the whole time about marrying her Andrew. I never struggled to get her to laugh spontaneous as I just mentioned Andrew’s name and she was so excited that I almost couldn’t get her to stop smiling.
As a photographer herself Sharon gave attention to all the small details as well as made sure I had a gorgeous dress to photograph. Although there is way more pressure to photograph another photographer’s wedding, it is easier as she knows what needs to happen for me to give her amazing images and even asked the minister to tell the guests to please put away their phones so that I don’t get the back of all the guests trying to steal a photo of the beautiful bride – it was such a blessing :-)!
We were also blessed with the most amazing light and the weather played in our favour.
Tracey Lee Stark assisted me at this wedding and we had a ball driving all the way to Riverside Sun in Vanderbijl Park.
Sharon and Andrew is emigrating to Scotland soon and I wish them well on this new chapter in their beautiful lives together. You were truly amazing!
I’ll tell their story as the photos are posted below. Enjoy their love story with me!
xxx
You can see Andrew is a chef by looking at the table setup. We had the most amazing 5 course dinner, although I must admit that I did not eat everything.
Sharon being all giggles! I love it!
They are just so amazing together!!
I had some competition…a potential pro – in a few years time though 🙂
Read More
Elri en Frikan | Universiteitsoord troue, Pretoria Deel II
Hier is die beloofte tweede deel van Elri en Frikan se troue! Gaan lees en loer gerus na Deel I wat ek vroeër gepost het!
Elri en Frikan, julle kook in hierdie foto’s ook!
Lief julle!
xxx
Read More
Elri en Frikan | Universiteitsoord troue, Pretoria Deel I
Uiteindelik kry ek weer tyd om ‘n post te doen, want glo my as ek sê ek het een van die mees geseënde seisoene in 2013 agter die blad – van troues, pasgebore babas, ‘n verrassingsessie wat in ‘n verlowingsessie verander het tot al my spesiale boudoir sessies. Om voltyds te werk en hierdie ongelooflike passie uit te leef kan sy tol eis, maar dis troues soos hierdie wat al die harde werk en tyd wat daarin gesit word so die moeite werd maak. So waar begin ek…?
Hierdie troue was so wonderlik dat ek nie net selektief sekere foto’s kon kies nie en daarom doen ek weer twee posts hieroor. Dit is so die moeite werd.
Ek was in Botswana saam met die werk begin verlede jaar toe ek Elri se e-pos kry oor dat hulle graag wil ontmoet om met my oor troufoto’s te gesels, maar aan haar e-posadres kon ek al klaar sien dat hierdie ‘n avontuurlike reis gaan wees. Met die ontmoeting het ek dadelik haar pragtige energie gevoel en was skoon verras om te sien dat sy verloof is aan Frikan – nou Frikan se ouers het langs my ma in Ogies gebly en ken ons mekaar van daar af. Wat ‘n wonderlike reis was hierdie nie!
Ons het hulle verlowingsessie gedoen en dit het my net nog meer laat uitsien na hul troue. Hulle het ‘n baie spesiale dinamika tussen hulle wat net soveel sterker gemaak word deur het komplimenteerde persoonlikhede en ongelooflike liefde vir mekaar. Daardie tipe wat baie maklik en onvermydelik op kamera vasgevang kon word en ander paartjies net laat droom oor feëverhale en they lived happily ever afters!
Die dag van die troue, wat by die Universiteitsoord NG studentekerk in Pretoria plaasgevind het, was ons, ek en my assistant-fotograaf, Tracey-Lee, aangenaam verras met die dekor. Van die oulike plekaanwysings, waarvan ek ook een met my naam op gekry het, die blomme, die koek, lekkergoedtafel en feëtjieliggies.
Hulle het ook ‘n first look, waarvan ek ‘n groot vooraanstaander is, gedoen – Frikan se uitdrukking het duidelik gesê hoe hy oor Elri voel en het dit net soveel meer spesiaal gemaak. So sonder om verder te droom oor my eie “happily ever after” moet ek nou vir julle al die foto’s begin wys, want ek brand nou al so lank om dit te doen.
xxx
Read More
Berenice en Herman | Tres Jolie troue
As ek terugdink aan Berenice en Herman se troue raak ek opgewonde, nie net oor die wonderlike weer waarmee ons daardie dag geseën was nie, maar oor hul liefde vir mekaar, haar “look” en die vintage dekor. Haar trourok het haar soos ‘n handskoen gepas en ek kon nie vir ‘n mooier bruid gevra het nie.
Hierdie twee se dag het nie net oor hul liefde vir mekaar gegaan nie, wat so duidelik op die foto’s wys, maar oor hul kinders, familie, , gedeelde herinneringe, drome en vreugde – ek is baie bevoorreg om dit te kon vasvang.
Hulle is getroud by die nooit teleurstellende Tres Jolie in Ruimsig wat gesorg het vir pragtige foto’s!
Geniet hierdie foto’s saam met my!
xxx
Read More
Elouwdi en Gustav | Avianto troue
Ek het Elouwdi en Gustav se verlowingsessie vroeër vanjaar by Deltapark in Linden afgeneem en het sommer dadelik geweet dat hierdie tweetjies ongelooflike mooi foto’s op hul troue gaan maak. En ek was so reg. Die liefde tussen hulle was so voelbaar op hierdie koue koue Wintersdag in Julie by die pragtige Avianto wat vir ons ‘n baie mooi Wintersagtergrond gegee het, maar dink nie ons het eers die koue gevoel met al die mooi foto’s wat ons geneem het nie.
My assistentfotograaf was Eloise wat haar weer goed van haar taak gekwyt het en ook soos gewoonlik goeie geselskap was.
xxx
Read More