Elri het my in die begin van die jaar, toe ons vir werk in Botswana was, gemail en gevra om my te sien sodra ons terug is. Met ons eerste ontmoet was my verbasing baie groot om te sien dat ek eintlik haar verloofde, Frikan, ken. Ons het saam grootgeword in Ogies, alhoewel hulle jonger as ek is, en was vir ‘n lang ruk bure. Ek was skoon uit my vel, want dit is altyd lekker om mense wat ek ken weer te sien en daarmee saam te mag afneem. Hulle het my sommer dadelik na ons ontmoeting geboek en toe ons die verlowingsessie doen kon ek sien dat Elri en Frikan ‘n ongelooflike aansteeklike energie tussen hulle het. Nie net is sy mooi nie, maar het ‘n stunning persoonlikheid en kan verstaan hoekom sy en Frikan mekaar se maats is.
Met die fotosessie het ons laat middag ‘n paar foto’s voor die kerk waar hulle bly geneem en toe gewag tot dit donker was om “liggies-foto’s” te neem. Ek dink ek het nog oefening daarmee nodig, maar hou van die idee en gevoel wat ons daarmee gekry het. Ook wat ek net graag wil noem :-), hulle het die oulikste gemmerkat wat die hele tyd terwyl ons buite in die tuin was met die “liggies-foto’s” soos ‘n mal ding rondgehardloop het. En as jy self ‘n kat het sal jy verstaan dat dit sy manier was om voor ons af te show. Ek wou hom sommer opvreet en saam huis toe vat, maar dink Elri en Frikan sou my seker agtervolg het en hom kom haal het.
Hulle gaan ‘n unieke troue hê en ek kan nie meer wag vir dit om in Oktober te gebeur nie. So hou die website dop na hul troue in Oktober om te sien hoe dit gelyk het! Gaan pragtig wees, nes die twee mense!!
xxx
Love die liggie foto’s Juanette, dis stunning