As ek terugdink aan Berenice en Herman se troue raak ek opgewonde, nie net oor die wonderlike weer waarmee ons daardie dag geseën was nie, maar oor hul liefde vir mekaar, haar “look” en die vintage dekor. Haar trourok het haar soos ‘n handskoen gepas en ek kon nie vir ‘n mooier bruid gevra het nie.
Hierdie twee se dag het nie net oor hul liefde vir mekaar gegaan nie, wat so duidelik op die foto’s wys, maar oor hul kinders, familie, , gedeelde herinneringe, drome en vreugde – ek is baie bevoorreg om dit te kon vasvang.
Hulle is getroud by die nooit teleurstellende Tres Jolie in Ruimsig wat gesorg het vir pragtige foto’s!
Geniet hierdie foto’s saam met my!
xxx
bESONDERE MOOI FOTOS VAN DIE HELE FAMILIE EN GEVOLG.