Odette en Phillip het ‘n baie sagte plekkie in my hart omdat ek dink hulle is van daardie harstmense wat mens nie sommer agter elke boom uitkrap nie. Hulle troudag by Makiti was warm en sonnig, maar nadat dit baie vinnig toegetrek het en hard gereën het, het ons darem nie weer reën nie maar ons het net wolke gehad daarna om mee te werk. Steeds dink ek ons het die beste van die geleentheid gemaak.
Odette se grimering is deur Janell Donders gedoen en sy het so pragtig gelyk. Inteendeel meer as pragtig.
Odette en Phillip is so vir mekaar bedoel en so het hulle storie ook by die onthaal vir almal vertel. Ek het baie lekker saam hulle gekuier en is baie bevoorreg om hul dag te kom vasvang. Naomi Myburgh het my geassisteer.
Geniet hierdie troue saam met my!
xxx
Ek is mal oor die pers rose!
Hierdie is ‘n stunning foto van Odette!
Hierdie is verseker een van my gunsteling foto’s van Odette! Sy is so stunning!
Juanette! Jou werk is pragtig en ek is so opgewonde dat jy my en Burger se troue in April ook by Makiti gaan afneem. 😀